Messier 72 | ||||
Messier 72 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky) | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Waterdraer | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 20h 53m 27,7s | |||
Deklinasie | -12º 32' 14,3" | |||
Skynmagnitude | 9,35 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 55 000 | |||
Skynbare grootte | 106 ligjare | |||
Massa | 1,68 × 105 M☉ | |||
Ander name | M72, NGC 6981, GCl 118 | |||
|
Messier 72 of M72 (ook bekend as NGC 6981) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Waterdraer. Dit is op 29 Augustus 1780 deur die Franse sterrekundige Pierre Méchain ontdek. Sy kollega Charles Messier het op 4 Oktober daardie jaar daarvoor gesoek en dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.[1] Albei het gedink dit was ’n flou newel eerder as ’n sterreswerm.
Met ’n groter instrument het die Britse sterrekundige John Herschel dit ’n "helder swerm sterre" genoem. Die Amerikaner Harlow Shapley het opgemerk dat dit ooreenstem met Messier 4 en Messier 12.[2]
M72 is sowat 55 000 ligjare van die Son af.[3] Sy massa is sowat 168 000 sonmassas[4] en dit is sowat 9,5 miljard jaar oud. Daar is 43 bekende veranderlike sterre in die swerm.[3]
<ref>
tag; no text was provided for refs named garfinckle1997
<ref>
tag; no text was provided for refs named burnham1978
<ref>
tag; no text was provided for refs named rmaa40_235
<ref>
tag; no text was provided for refs named apj742_1_51